dcsimg

Kaapse dakvlermuis ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die Kaapse dakvlermuis (Neoromicia capensis) kom in die hele Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe en die hele Namibië behalwe die wes-kus voor.

Voorkoms

Die soogdier se kleur wissel van donker grysbruin tot lig grysbruin. Die onderkant is wit tot gelerig wit en die vlerke is donkerbruin. Die diertjie word tot 8.5cm lank en weeg ±6g.

Habitat en gewoontes

Hulle habitat wissel van halfwoestyn tot hoë-reënvalgebiede. Twee tot drie diere rus bedags styf teen mekaar by die basis van aalwynblare of onder boombas. Hulle vlieg stadig met draaie en swaaie agter vlieënde insekte aan. Hulle eet klein, sagtelyfinsekte soos muskiete. Daar word 1 – 2 kleintjies in die somer gebore.

Sien ook

Bron

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Kaapse dakvlermuis: Brief Summary ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die Kaapse dakvlermuis (Neoromicia capensis) kom in die hele Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe en die hele Namibië behalwe die wes-kus voor.

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF