dcsimg

Leerlipvis ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die Leerlipvis (Thalassoma trilobatum) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Ladder wrasse.

Identifikasie

Die vis word tot 35 cm lank. Die vis het 'n stewige, lang lyf en die kleur varieer soos die vis deur sy ontwikkelings fases gaan.

Volwasse mannetjies

Die volwasse mannetjies is oranje met twee rye blourant, groen strepe aan die sye wat soos lere lyk. Die kop is groen-blou terwyl die dorsale- en analevinne groen-geel is met groen en blou rante. Die stertvin is groen met die agterste rant wat blou is.

Onvolwasse stadium

Die onvolwasse mannetjies en volwasse wyfies lyk amper soos die volwasse mannetjies. Die bokant van die lyf is egter lig bruin en dit verander na lig pienk aan die onderkant. Daar is ook twee kort, vertikale ligblou strepe op die lyf.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Leerlipvis: Brief Summary ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die Leerlipvis (Thalassoma trilobatum) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Ladder wrasse.

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF