dcsimg
Imagem de Pantala flavescens (Fabricius 1798)
Life » » Reino Animal » » Artrópode » » Hexapoda » Insetos » Pterygota » Libélulas » Libélula » » Libellulidae »

Pantala flavescens (Fabricius 1798)

Narbroekie ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

'n Narbroekie is 'n naaldekoker, Pantala flavescens, en behoort tot die familie van Libellulidae. Dit staan in Engels bekend as die Wandering Glider, Globe Skimmer of Global Wanderer, en word algemeen beskou as die mees wydverspreide naaldekoker op Aarde.[2]

Verspreiding

Pantala flavescens kom op al die kontinente behalwe Antartika voor. In Afrika kom dit in die Afrotropiese gebied voor. Buite Afrika word hierdie spesie algemeen aangetref in die Arabiese Skiereiland en in die Midde-Ooste en dit bereik soms Suid-Europa. In Asië kom dit voor vanaf die noorde tot die sentrale dele van Asië, Suid-Siberië, Kamtsjatka en Japan, en verder suid tot by Australië. In die Amerikas is dit wydverspreid deur die Neotrope, insluitende die Karibiese Eilande en Galápagos-eilande, asook regdeur die VSA, insluitend die Pasifiese eilande en Suid-Kanada. Dit is die enigste Odonata-spesie wat op Paaseiland voorkom. Hierdie spesie migreer en sy migrasies is gekoppel aan die moessonweerpatroon.[1]

Habitat

Broei in klein poele, selfs tydelike poele, en word gewoonlik gesien waar dit oor gras en onder bome vlieg, dikwels in groepe. Dit word dikwels gesien in tuine en vlieg heen en weer oor grasperke en swembaddens.[2]

Voorkoms

Liggaamslengte: 47–50 mm. Agtervlerklengte: 38.5–41 mm. Die Narbroekie het 'n eiesoortige vorm met 'n tapse abdomen en agtervlerke wat ongewoon wyd is by die basis. Wyfies en onvolwasses is mosterdkleurig en die bokant van die mannetjies se abdomens word oranje-rooi soos hulle ouer word. Albei geslagte het 'n geel gesig en 2 of 3 swart merke op die s8-, s9- en s10-segmente van die abdomen. Pterostigmas is langer op die voorvlerke as op die agtervlerke.[3]

Fotogalery

Verwysings

  1. 1,0 1,1 "Pantala flavescens". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2016-3. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. 2015.
  2. 2,0 2,1 Willis, Christopher K. (2011). Water Dancers of South Africa’s National Botanical Gardens. SANBI Biodiversity Series 21 (PDF). Pretoria: Struik. p. 80. ISBN 978-1-919976-68-6. Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  3. Tarboton, Warwick (2015). A Guide to the Dragonflies & Damselflies of South Africa. Kaapstad: Struik. p. 206. ISBN 978-1-77584-184-5. Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Narbroekie: Brief Summary ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

'n Narbroekie is 'n naaldekoker, Pantala flavescens, en behoort tot die familie van Libellulidae. Dit staan in Engels bekend as die Wandering Glider, Globe Skimmer of Global Wanderer, en word algemeen beskou as die mees wydverspreide naaldekoker op Aarde.

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF