dcsimg
Imagem de Saccharomyces cerevisiae (Desm.) Meyen 1838
Life » » Fungi » » Ascomycota » » Saccharomycetaceae »

Saccharomyces cerevisiae (Desm.) Meyen 1838

Saccharomyces cerevisiae ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Saccharomyces cerevisiae is 'n gissoort wat baie gebruik word vir die vervaardiging van brood, bier ensomeer.

Dit word wêreldwyd as die belangrikste kommersiële mikro-organisme beskou. Dié gis word algemeen as veilig beskou.[1]

Leweskringloop

S. cerevisiae kan as haploïed sowel as diploied bestaan. Die diploïede selle kan herhaaldelik vegetatieve groei en mitose ondergaan. Die signale wat die ongeslagtelike voortplanting uitlok, word deur die voeding bepaal. Die haploïede selle kom as twee tipe selle voor, wat a en α genoem word. Hulle produseer 'n ander feromoon (die a- en α-faktore) en het 'n reseptor vir die feromoon van die ander tipe sel. Indien 'n a-sel en 'n α-sel saamkom, vorm hulle uitstulpings na mekaar en vorm saam 'n vorm wat sjmoe genoem word. Uiteindelik versmelt hulle en vorm 'n diploïede sel. Indien die nutriente skaars word vorm haploïede sowel as diploïede selle 'n stasionêre vorm. Indien diploïede selle uitgehonger word vir stikstof en net oor 'n arm koolstofbron, soos asetaat, beskik, vorm hulle vier haploïede spore wat nog beter gehard is as die stasionêrefase-selle.[2]

Gebruike van suurdeeg

Suurdeeg word hoofsaaklik in die bakkery- en brouerybedryf gebruik. Die spesie Saccharomyces cerevisiae is vir albei hierdie doeleindes geskik.

By die bierbrouprosses word suiker vir die brouersgis van garsmout verkry. Die moutsuiker bestaan uit twee glukosemolekules wat aanmekaar gekoppel is, en dit is 'n uitstekende bron van voedsel vir die gis. Namate die gis groei, word die suiker verander in koolstofdioksied, wat ontsnap, en alkohol, wat in die bier agterbly. Die gisting duur voort totdat die brouersgis al die suiker opgebruik het.

By wynmakery is die spesie Saccharomyces ellipsoideus die belangrikste. Hoewel Saccharomyces bayanus vir wynsoorte met hoër alkoholinhoud soos Port, gebruik word. Dit omskep die druiwesuiker tot alkohol. Hierdie gis word nie gekweek nie. Omdat dit in die grond voorkom, word dit op natuurlike wyse deur die wingerdplant opgeneem en beland dit sodoende in die gistingskuipe.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. "Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 11, No 2 (1992); 69-83".
  2. J. Richard Dickinson, Michael Schweizer Metabolism and Molecular Physiology of Saccharomyces Cerevisiae. 1999, ISBN 0-203-57240-8
Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Saccharomyces cerevisiae: Brief Summary ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Saccharomyces cerevisiae is 'n gissoort wat baie gebruik word vir die vervaardiging van brood, bier ensomeer.

Dit word wêreldwyd as die belangrikste kommersiële mikro-organisme beskou. Dié gis word algemeen as veilig beskou.

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF