Die Sundevall-bladneusvlermuis (Hipposideros caffer) kom hoofsaaklik voor die oostelike dele van Suid-Afrika, Mosambiek, en sentraal-noord in Namibië.
Die kleur van die vlermuis wissel van grysbruin tot goudbruin. Die soogdier word tot 9cm lank en weeg ±8g.
Hulle verkies die Savanneboomveld. Bedags rus hulle in grotte en uitgrawings of hang aan plafonne onder dakke. Hulle eet insekte. Een kleintjie word vroeg in die somer gebore.
Die Sundevall-bladneusvlermuis (Hipposideros caffer) kom hoofsaaklik voor die oostelike dele van Suid-Afrika, Mosambiek, en sentraal-noord in Namibië.