dcsimg

Lithops hookeri ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Lithops hookeri (syn. Mesembryanthemum hookeri) is 'n dwergplantjie uit die vygies-familie. Dit is op die SANBI-rooilys as veilig (LC) gelys. Die plant is endemies in Suid-Afrika en kom net in die provinsie Noord-Kaap[1] naby Groblershoop aan die Oranje se oewers voor.[2] Lithops is afgelei van Gr. lithos, wat steen of klip beteken. Hierdie plant is een van die "lewende steentjies" of "toontjies" van die Karoo en 'n gunsteling onder versamelaars van vetplantjies.

Die blare van die plant sien uit soos twee niervormige klippies met 'n spleet van 3-6 mm daartussen. Die plant kan tot 6 paar blare besit wat tot 34x25mm groot word. Die bloeme is geel en kan 35 mm in deursnee word.[2] Uit die spleet kom in die groeityd 'n nuwe paar blare tevoorskyn.

Verwysings

Adromischus leucophyllus 01.jpgVan hierdie endemiese spesie ontbreek die Afrikaanse naam. Help ons asseblief om dit te vind.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Lithops hookeri: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Lithops hookeri (syn. Mesembryanthemum hookeri) is 'n dwergplantjie uit die vygies-familie. Dit is op die SANBI-rooilys as veilig (LC) gelys. Die plant is endemies in Suid-Afrika en kom net in die provinsie Noord-Kaap naby Groblershoop aan die Oranje se oewers voor. Lithops is afgelei van Gr. lithos, wat steen of klip beteken. Hierdie plant is een van die "lewende steentjies" of "toontjies" van die Karoo en 'n gunsteling onder versamelaars van vetplantjies.

Die blare van die plant sien uit soos twee niervormige klippies met 'n spleet van 3-6 mm daartussen. Die plant kan tot 6 paar blare besit wat tot 34x25mm groot word. Die bloeme is geel en kan 35 mm in deursnee word. Uit die spleet kom in die groeityd 'n nuwe paar blare tevoorskyn.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF