Die Gestreepte knorder (Pomadasys striatus) is 'n vis wat voorkom aan die Suider-Afrikaanse suid - en ooskus vanaf Knysna tot by Beira. Die teenwoordigheid van die vis is nêrens elders in die wêreld aangeteken nie. Die vis word 22 cm groot. Die liggaam is bruinerig met drie horisontale donker strepe oor die boonste helfte van die liggaam. Die vis kom voor op rots en koraalriwwe en word hoofsaaklik gebruik as aas. In Engels staan die vis bekend as Striped grunter.