dcsimg
Image of Englerophytum
Creatures » » Plants » » Dicotyledons » » Milkwood Family »

Transvaal Milk Plum

Englerophytum magalismontanum (Sond.) T. D. Penn.

Stamvrug ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Stamvrug (Englerophytum magalismontanum) – voorheen Bequaertiodendron magalismontanum – is 'n klein tot middelgroot boom. Die boom is wydverspreid noord van die Vaalrivier en die noorde van KwaZulu-Natal. Die blare is glansend en donkergroen en word soms met 'n waslaag bedek wat maklik afgevryf kan word. Die jong blare is hoekig vanaf die stam en bedek met rooibruin hare. Die parallelle sy-are is onopvallend en die onderkant van die blare is bedek met hare wat rooibruin tot liggeel en soms silwerig is.

Vrugte

Die vrugte van die boom word dig saamgepak langs die ouhout wat aanleiding gee tot die naam Stamvrug. Die vrug is rooi wanneer dit ryp is. Die vrugte is eetbaar en redelik soet maar smaak vrank. Die vrugte het 'n hoë vitamien C inhoud. Dit word gebruik om wyn, brandewyn, stroop en tertjellie mee te maak.

Fotogalery

 src=
Boom in sy natuurlike habitat
 src=
Blomme
 src=
Ryp vrugte
 src=
Blare: bo- en onderkant

Sien ook

Bron

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Stamvrug: Brief Summary ( Afrikaans )