Die Gryskopmeeu (Chroicocephalus cirrocephalus) is 'n seevoël wat aan die hele Suid-Afrikaanse kuslyn voorkom.
Die voël het 'n grys kop en die oë is bleek, gelerig met 'n rooi rand.
Die Gryskopmeeu vang kos langs die hele kuslyn en broei op eilande. Die voël is raserig en kom in groepe voor. Hulle leef van afval, oorblyfsels en dooie vis, jag insekte, skaaldiere, eiers en jong voëls. Die voëls het al 'n been verloor soos hulle om vissermanne saam drom.
Die Gryskopmeeu (Chroicocephalus cirrocephalus) is 'n seevoël wat aan die hele Suid-Afrikaanse kuslyn voorkom.