dcsimg

Tasmaniese duiwel ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die Tasmaniese duiwel (Sarcophilus harrisii) is 'n karnivoriese buideldier wat in die natuur in Tasmanië, 'n eilandstaat van Australië, voorkom. Dit is die enigste oorgeblewe lid van die genus Sarcophilus en is so groot soos 'n klein hond, dog stewig gebou. Sedert die uitsterwing van die buidelwolf in 1936 is die Tasmaniese duiwel die grootste karnivoriese buideldier in die wêreld. Die dier word gekenmerk aan sy swart pels, onaangename reuk wanneer gespanne, uiters harde skreeu en verwoede vreetsessies. Tasmaniese duiwels jag hulle eie prooi, maar is ook 'n aasdier. Alhoewel dit hoofsaaklik 'n alleenlopende dier is, sal hy soms ook saam met ander duiwels vreet.

Tasmaniese duiwels is reeds 400 jaar voor die Europese setlaars se aankoms in Australië op dié kontinent uitgeroei. Op die eiland Tasmanië is hulle tot 1941 gejag, as 'n bedreiging vir vee, maar is toe tot 'n beskermde spesie verklaar. Die diere worstel sedert laat in die 1990's met 'n gesigsgewas wat hulle getalle só verminder het dat die Australiese regering hulle in Mei 2008 tot 'n bedreigde spesie verklaar het.

Verwysings

  1. Hawkins, C.E., McCallum, H., Mooney, N., Jones, M. & Holdsworth, M. (2008). Sarcophilus harrisii. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 12 Oktober 2008. Gelys as "bedreigd"(EN A2be+3e v3.1)
licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF

Tasmaniese duiwel: Brief Summary ( afrikaans )