dcsimg
Imagem de Acacia cyclops A. Cunn. ex G. Don
Life » » Archaeplastida » » Angiosperms » » Fabaceae »

Acacia cyclops A. Cunn. ex G. Don

Rooikrans ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Rooikrans (Acacia cyclops) is 'n boom en indringerplant in Suid-Afrika wat inheems is aan Australië waar dit in die suidweste voorkom. In Engels staan die boom bekend as Red-eyed wattle of as die Western coastal wattle in Australië. Die boom groei in fynbos, duine, waterlope en langs paaie.

Voorkoms

Die boom word tot 4 m hoog en is dus middelgroot. Dit is immergroen en doringloos en kom ook as 'n struik voor. Aan die kus bly die plant klein en erg deur die wind vervorm. Die bas is glad en liggrys. Die blare is enkelvoudig, heldergroen en ellipties. Die blomhofies is bolvormig, geel, yl en kom heeljaar voor - dus okselstandig. Die saadpeul is plat, gedraai en spring oop om die sade te ontbloot. Die sade is deur 'n skarlaken arillus omring, en word graag deur voëls geëet. Die plant is oorspronklik vir duinherwinning (om duine te stabiliseer) na Suid-Afrika gebring en word ook vir vuurmaakhout aangeplant.

Sien ook

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Acacia cyclops

Bron

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Rooikrans: Brief Summary ( Africâner )