dcsimg
Imagem de Caroxylon tuberculatum (Fenzl ex Moq.) Theodorova
Life » » Archaeplastida » » Angiosperms » » Amaranthaceae »

Caroxylon tuberculatum (Fenzl ex Moq.) Theodorova

Blomkoolganna ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die blomkoolganna[1] (Caroxylon tuberculatum Moq.) is 'n struik wat inheems in aan Suid-Afrika en Namibië. Dit kom die Vrystaat en die drie Kaapprovinsies voor, veral in die Droë Karoo. Dit is op die SANBI-rooilys as veilig gelys.[2]

Hierdie spesie is kenmerkend aan die veldtipe van die Droë Karoo, wat blomkoolgannaveld genoem word. Dit word hier as die klimaksplantegroei beskou. In blomkoolgannaveld kom veral die grasse Stipagrostis ciliata en S. obtusa voor. Ander struikies wat hier volop aangetref word is Aptosimum spinescens, Dicoma capensis, Eriocephalus spinescens, Hermania spinosa, Lycium oxycladum, Nestleria humilis, Pentzia spinescens, Pteronia glomerata, Rhigozum trichotomum, Ruschia ferox, Salsola glabrescens en Zygophyllum microphyllum. Hier kom ook Geigeria ornativa voor.[3]

Landbou

EIW SWIW LnregWIW Weidingsindekswaarde[4] 7 6.9 3.5

Oor die algemeen is Salsola (Caroxylon)-beweiding goed, maar die spesie Salsola tuberculata var. tomentosa, wat soms as 'n eie spesie S. tuberculatiformis gesien word, kan grootlamsiekte veroorsaak,[5] wat die lengte van die dratyd verleng en tot moeilike bevallings lei.[6] Boesmans het tee daarvan gemaak as voorbehoedmiddel en dié werking is in rotte aangetoon.[7]

Eksterne skakel

Verwysings

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Blomkoolganna: Brief Summary ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die blomkoolganna (Caroxylon tuberculatum Moq.) is 'n struik wat inheems in aan Suid-Afrika en Namibië. Dit kom die Vrystaat en die drie Kaapprovinsies voor, veral in die Droë Karoo. Dit is op die SANBI-rooilys as veilig gelys.

Hierdie spesie is kenmerkend aan die veldtipe van die Droë Karoo, wat blomkoolgannaveld genoem word. Dit word hier as die klimaksplantegroei beskou. In blomkoolgannaveld kom veral die grasse Stipagrostis ciliata en S. obtusa voor. Ander struikies wat hier volop aangetref word is Aptosimum spinescens, Dicoma capensis, Eriocephalus spinescens, Hermania spinosa, Lycium oxycladum, Nestleria humilis, Pentzia spinescens, Pteronia glomerata, Rhigozum trichotomum, Ruschia ferox, Salsola glabrescens en Zygophyllum microphyllum. Hier kom ook Geigeria ornativa voor.

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF