dcsimg

Dwergpalm ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die dwergpalm of huispalm, Chamaedorea elegans, is ’n spesie klein palmboom wat inheems is aan die reënwoude van Suid-Mexiko en Guatemala.[1]

Eienskappe

 src=
'n Dwergpalm
 src=
Sade

Dit is ’n tuinplant in streke met ’n tropiese en subtropiese klimaat en word 2 tot 3 meter hoog. Dit het dun, rietagtige stamme.

In kouer klimaatstreke word die dwergpalm as ’n huisplant gekweek; dan groei dit stadig en word tot 2 meter hoog, met blare van 30 tot 60 cm. Dit kan lae humiditeitsvlakke en min lig hanteer, maar verkies ’n hoër humiditeit en helder, indirekte lig.[2]

Die palm moet nou en dan in ’n groter pot verplant word wanneer die wortels aan die onderkant van die pot begin uitgroei. Dit moet verkieslik in die lente gedoen word.

Probleme

Dit is nie ’n veeleisende plant nie, maar as dit te droog of nat is of te veel of te min lig kry, kan die blare bruin word of verlep. Rooimyte kan ook ’n probleem wees.[3]

Verwysings

  1. Gilman, Edward F. "Chamaedorea elegans Parlor Palm". EDIS. University of Florida IFAS Extension. Besoek op 3 Julie 2013.
  2. RHS A-Z encyclopedia of garden plants. United Kingdom: Dorling Kindersley. 2008. p. 1136. ISBN 1-4053-3296-4.
  3. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0-627-01827-0

Eksterne skakels

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Dwergpalm: Brief Summary ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die dwergpalm of huispalm, Chamaedorea elegans, is ’n spesie klein palmboom wat inheems is aan die reënwoude van Suid-Mexiko en Guatemala.

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF