dcsimg

Paguroidea ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Paguroidea, (kluisenaarskrappe) is 'n superfamilie van die valskrappe. Kenmerkend van die seediere is die feit dat hulle sagte lywe het en leë skulpe gebruik vir beskerming. Die lyf pas aan by die skulp, die agterste paar bene word gebruik om die skulp vas te hou aan die binnekant. Die voorste paar bene het knypers waarvan die linkerkantse knyper vergroot is. Dit word hoofsaaklik gebruik om die skulp af te seël wanneer die krap daarin terugtrek. Slegs die tweede en derde pare bene word gebruik om mee te loop. Soos die krap groei moet dit groter skulpe kry om in te leef. Hulle kan verwoed veg indien hulle 'n aanvaarbare skulp gesien het.

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa, deur Dennis King & Valda Fraser, Struik Nature, 2014. ISBN 978-1-77584-018-3
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Paguroidea: Brief Summary ( Afrikaans )