dcsimg

Blinkblaar-wag-’n-bietjie ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die Blinkblaar-wag-’n-bietjie (Ziziphus mucronata)[1] is ’n boom wat feitlik oor die hele Suider-Afrika voorkom, behalwe Suidwes-Kaap, aan die kus van Namibië, aan die kus van Mosambiek en Suidwes-Botswana. Die boom is slaphangend en op die jong hout is daar gewoonlik aan weerskante van die blaarsteel ’n paar baie skerp dorings, die een krom en die ander reguit. Die glansende groen blare is kenmerkend en die blaarbasis is simmetries met die blaarrand uiters fyn geskulp.

Die boom dra klein, gelerige blomme met 'n deursnee van 6 mm. Die vrugte is tot 1.5 cm in deursnee en hoewel eetbaar is dit nie baie smaaklik nie. Die vlees van die vrugte is dun, droog en melerig. Die boom het baie medisinale gebruike.

Die Blinkblaar-wag-’n-bietjie is as Suid-Afrika se Algemene Boom van die Jaar vir 2017 aangewys.[2]

Sien ook

Bronne

  1. "The Buffalo thorn is 2017's Common Tree of the Year". flauna.co.za. Besoek op 4 Junie 2017.
licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF

Blinkblaar-wag-’n-bietjie: Brief Summary ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die Blinkblaar-wag-’n-bietjie (Ziziphus mucronata) is ’n boom wat feitlik oor die hele Suider-Afrika voorkom, behalwe Suidwes-Kaap, aan die kus van Namibië, aan die kus van Mosambiek en Suidwes-Botswana. Die boom is slaphangend en op die jong hout is daar gewoonlik aan weerskante van die blaarsteel ’n paar baie skerp dorings, die een krom en die ander reguit. Die glansende groen blare is kenmerkend en die blaarbasis is simmetries met die blaarrand uiters fyn geskulp.

Die boom dra klein, gelerige blomme met 'n deursnee van 6 mm. Die vrugte is tot 1.5 cm in deursnee en hoewel eetbaar is dit nie baie smaaklik nie. Die vlees van die vrugte is dun, droog en melerig. Die boom het baie medisinale gebruike.

Die Blinkblaar-wag-’n-bietjie is as Suid-Afrika se Algemene Boom van die Jaar vir 2017 aangewys.

 src= Blare  src= Blomme in blaaroksels  src= Blomme van naby  src= Vrugte  src= Bas
licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF